Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


24°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 2.5mm


Humiditeit 81%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 68%

Woensdag


22°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Nuusflitse
Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Vroedvrou: ‘Dis ’n babafabriek’

Suster van SA help Afgane

Deur Pauli van Wyk Saterdag 29 Junie 2013 12:47 vm.

Zanie Prinsloo met ’n Afgaanse drieling wat sy die lewe ingehelp het.

Sy het gesorg dat al haar vroulike kollegas by haar terugkeer bra’s dra, het Jeanne (Zani) Prinsloo, ’n vroedvrou wat ses maande in Afganistan gewerk het, gister laggend vertel.

Prinsloo (37) het nog altyd jeukerige voete gehad en haar verlede jaar by ’n Dokters Sonder Grense-projek in die oorloggeteisterde en “superkonserwatiewe” Afganistan aangesluit.

Dit is waar vroueregte 5c werd is en dit nie vreemd is nie as ’n ma ’n onwettige aborsie vra omdat sy nie vir haar 14de kind kans sien nie, het Prinsloo vertel.

Sommige ma’s kan nie eens hul name spel nie omdat meisies nooit skool toe gestuur word nie.

“Dit is ook niks vreemds vir die ses vroedvroue, wat elk sewe dae ’n week ’n 15 uur lange skof werk, om ongeveer 1 025 babas in ’n maand te verlos nie. Dit was ’n babafabriek. Verskriklik.”

Daarby is goeie mediese sorg skaars en die landskap bar. Om van Khost na Kaboel, sowat 230 km van mekaar te ry, is ’n rit van 10 uur.

“Ons het nooit daarheen gery nie en sou net in ’n noodgeval daarheen vlieg.”

In ’n ongenadige land het Prinsloo ’n oase help skep waar Afgaanse vroue in ’n vrouehospitaal (’n ongekende luukse) die boerka en serp kon afruk, hul naels kon verf en vryelik oor mans en seks kon praat.

“Girl talk, soos ons almal doen, maar hulle mag nie.”

En hoewel sy “die witte” genoem is, het sy g’n oomblik vir haar lewe gevrees nie. Al het ’n bom voor haar aankoms in die hospitaal in die Khost-gebied aan die oostekant van Afganistan ontplof. Al mag sy eintlik nie sonder ’n serp om die hare gesien word nie.

“Ek het hier geleer dat as jy die bom nie kan ruik of nie die rook kan sien nie, is jy veilig. Al bewe die aarde om jou.”

En die dag toe sy haar span groet, het al die vroue bra’s gedra.

“ ’n Groot stap vorentoe vir vroueregte in ’n land waar verandering baie stadig gebeur.”

Prinsloo het haar opleiding as suster en vroedvrou destyds in 1 Militêre Hospitaal ontvang.

Nie lus vir “huis-huis speel” nie het sy ’n tyd lank in die MiddeOoste gewerk en toe die pionierswerk by Dokters Sonder Grense aanvaar.

Eersdaags vertrek sy na Sirië om ook daar verligting te bring.