Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


26°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


24°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Nuus

Leeu byt vrou en sleep haar by hok in

Deur Buks Viljoen Woensdag 03 Julie 2013 3:20 vm.

Lauren Fagen, ’n 18-jarige Kanadees, is deur ’n leeu aangeval terwyl sy hom glo gevoer het. Foto: verskaf

NELSPRUIT. – ’n Droom om met wilde diere te werk het ’n dramatiese wending vir ’n 18-jarige Kanadees geneem toe sy naby Hoedspruit deur ’n leeu aangeval is.

Lauren Fagen van Montreal, Quebec, moes eergister om haar lewe veg toe Duma, ’n leeumannetjie by die Moholoholo-rehabilitasiesentrum, haar by sy hok probeer insleep het.

Sy het glo die leeu gevoer toe hy skielik sy poot deur die tralies steek en haar aan die regterbeen beetkry.

“Ek kon nie nie glo wat gebeur nie, veral omdat hy oomblikke tevore nog vriendelik met sy kop en lyf teen die tralies gedruk het, so asof hy wou hê ek moet hom vryf,” het Fagen gister vertel.

Terwyl hy haar aan die been nader gesleep het, het sy hom met die linkerbeen probeer wegskop.

In ’n stadium het hy haar ook aan die ander been gegryp en haar bene deur die tralies getrek.

Hy het ook sy kake by haar linkerbeen ingeslaan.

Sy slagtande het ’n hoofslagaar in haar lies rakelings gemis.

“Ek het verskriklik geskree en alles het voor my verdof.

“Ek het eers weer besef wat aangaan toe ander vrywilligers nader storm.

“Was dit nie dat iemand die leeu met ’n stok geslaan het nie, kon ek baie seerder gekry het.”

Duma het haar toe laat los en sy is na veiligheid gesleep.

Sy het noodbehandeling op die toneel gekry voordat die LifeMed-ambulansdiens haar na die Mediclinic Nelspruit geneem het.

Hier het sy tientalle steke gekry om die skeurwonde te heg, het Liza Pillay, woordvoerder van die hospitaal, gesê.

Fagen het gesê sy was van kleins af ’n diereliefhebber en wou graag met wilde diere werk.

Toe sy die geleentheid kry om as vrywilliger by Moholoholo, een van die bekendste rehabilitasiesentrums in die land, te werk, het sy dit aangegryp.

Sy sou einde Julie teruggaan Kanada toe.

“Ek sal regtig graag my sessie by Moholoholo wil voltooi. Maar ek is nou ’n bietjie bang vir leeus en onseker hoe ek sal reageer as ek weer daar kom.

“Ek hoop dat ek teen dan Duma sal kan vergewe,” het sy gesê.

Brian Jones van Moholoholo het gesê hulle waarsku vrywilligers gereeld om uiters versigtig te wees omdat hulle met wilde diere werk.

Hy het gesê daar gaan nie teen Duma opgetree word nie.