29 Augustus 04:59
13°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 13°C

Wind 34km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 77%

Sondag


17°C / 14°C

Wind 27km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 77%

Maandag


17°C / 14°C

Wind 27km/h


Reënval 3mm


Humiditeit 74%

Dinsdag


18°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 67%

Woensdag


19°C / 13°C

Wind 13km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 65%

Donderdag


21°C / 14°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 60%

Nuus

Oud-vlootadmiraal (73) oorlede ná ’n lang siekte

Deur Carryn-Ann Nel Maandag 08 Julie 2013 00:00

KAAPSTAD. – ’n Offisier en ’n jintelman.

Só het die dogter van ’n voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Vloot gister haar pa, vise-admiraal Lambert Jackson “Woody” Woodburne, beskryf wat Vrydagoggend in sy huis in Muizenberg oorlede is.

Woodburne was 73 jaar oud. Hy sou eerskomende Saterdag 74 geword het.

Woodburne was van Julie 1991 tot Augustus 1992 hoof van die vloot.

Onder die baie dekorasies en medaljes wat aan hom toegeken is, was die Van Riebeeck-dekorasie vir uitsonderlike dapperheid.

Woodburne het sy Vlootloopbaan in 1958 by die Vlootgimnasium op Saldanha begin.

Hy het die graad BMil (BSc) aan die Universiteit van Stellenbosch en die Militêre Akademie op Saldanha verwerf. Hy was bemanningslid van verskeie fregatte voordat hy vir verdere opleiding na Brittanje gestuur is.

Sy jongste dogter, Lee Woodburne, het gister aan Die Burger gesê haar pa het ’n lang siekte gehad.

’n Seldsame breinsiekte is ses jaar gelede by hom gediagnoseer. Sy broer, Tim, het hom heeltyds versorg. Hy is Vrydagoggend omstreeks 09:40 oorlede. ’n Volle militêre begrafnis word Donderdag in die Simonstadse Skeepswerf-kerk gehou.