Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 14°C

Wind 19km/h


Reënval 8.9mm


Humiditeit 74%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Saterdag


25°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Maandag


24°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 41km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Nuusflitse
China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Nuus

2 van SA vas weens ivoor in ‘sjokolade’

Deur Elise Tempelhoff Saterdag 20 Julie 2013 12:48 vm.

Twee Suid-Afrikaners is in Macau, China, in hegtenis geneem weens die besit van 583 stukkies olifant-ivoor wat opgesny en soos sjokoladestafies in hul bagasie verpak is.

Die Macau Daily Times het gister berig die blokkies ivoor weeg saam sowat 34 kg.

“Die twee Suid-Afrikaanse toeriste was van Hongkong afkomstig en het senuagtig gelyk toe hulle hul bagasie by die lughawe afgehaal het.”

Volgens die koerant het doeanebeamptes die mans gevra om hul tasse oop te maak.

Daarin het die beamptes 15 boksies gekry waarin sjokoladestafies soos Lunch Bars en KitKats gewoonlik verpak word.

Een van die beamptes het ’n pakkie “sjokolade” uitgehaal.

Hy het besef dit is “heelwat swaarder as sjokolade” en het dit oopgemaak.

Volgens die koerant het lede van die ondersoekburo van die Chinese departement van justisie gesê van die stafies het ’n bruin omhulsel gehad wat dit soos sjokolade laat lyk het.

“Ons het skerp instrumente gebruik om dit te probeer oopbreek, maar kon dit nie regkry nie. Ons het verskeie ander metodes sonder welslae gebruik en later besluit om dit in kookwater te week.

“Eers tóé kon ons die bruin buitelaag afskil en sien dat die inhoud spierwit en hard is.”

Mak Wum Yin, een van die doeanebeamptes, het gesê die twee mans is na die Chinese departement van justisie gebring wat oor hul lot sal besluit. Hulle het regulasies oor bedreigde spesies oortree.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, het gesê die mans sal waarskynlik in China verhoor word omdat daar geen uitruilooreenkoms met Suid-Afrika is nie.