Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 77%

Nuusflitse
Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Nuus

Jagter in die kop geskiet

Sy dogters nog ongebore

Deur Marietie Louw-Carstens Saterdag 20 Julie 2013 12:50 vm.

JP Kleingeld (24)

Polokwane. – ’n Jong man wat oor twee maande pa word van tweelingmeisies is in ’n koma nadat hy in die kop geskiet is tydens ’n fratsongeluk op ’n jagplaas in Limpopo.

Juan-Pierre (JP) Kleingeld (24) is in die Mediclinic Limpopo se waakeenheid aan lewensondersteunende masjiene gekoppel.

Hy is verlede Vrydagoggend per ongeluk deur ’n vriend met ’n .308-jaggeweer raak geskiet.

Die skietery het in ’n bakkie tydens ’n jagtog op ’n plaas in Alldays gebeur.

Sy ma, Phyllis Kleingeld, het gister gesê: “Dit was ’n groot fratsongeluk. Sy vriende is verpletter.”

Sy en haar man, Aldré, woon in Botswana en het inderhaas na Polokwane gekom om by hul seun te wees.

JP, wat by die Venetia-diamantmyn buite Musina werk, het verlede Vrydag saam met vriende op ’n wildplaas naby Alldays gaan jag. Hy het die bakkie bestuur en sy vriende het agterop gestaan.

’n Skoot het uit een van die mans se .308-jaggeweer afgegaan. JP is in die kop getref.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek nog wat presies gebeur het en waarom die skoot afgegaan het.

Phyllis het gesê haar seun se passie is jag. Hy en sy vrou, Anika, is onlangs getroud.

Hulle het al op name vir hul dogtertjies besluit: Amber en Micayla.

Anika is erg geskok en het vandeesweek op haar Facebook-blad geskryf sy bid dat haar man herstel.

“Weet net dat ek en ons twee dogtertjies jou nooit alleen sal los nie.”

Phyllis het gesê sy haat jag.

Sy het onlangs aan haar seun gesê die Here het geweet om vir hom meisietjies te gee, want as dit seuntjies was, het hy hulle al vroeg jagveld toe gevat.

“Die Here het seker geweet hy gaan hom (JP) dalk vat en hulle (die meisietjies) vir ons gee,” het sy huilend gesê.

Aldré het gesê sy seun se toestand het nog nie verbeter nie.

Hy verjaar op 29 Julie.

Istha McMillan, woordvoerder van die Mediclinic Limpopo, het gesê JP se toestand is ernstig. Hy is aan ’n asemhalingstoestel gekoppel.

Niemand is weens die skietery in hegtenis geneem nie.

Otto het gesê ’n klag van poging tot moord word ondersoek.

Die dossier sal vir beslissing na die direkteur van openbare vervolging gestuur word.