Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Saterdag


23°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


23°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 13°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Nuus

‘Ek sien nog elke dag hoe hy my tref’

‘Lewe staan stil’

Maar herstel ná nek breek, verras

Deur Leané Meiring Saterdag 20 Julie 2013 12:21 vm.

‘Ek wil nie ’n swakkeling wees nie. Ek lewe en ek wil net weer normaal wees.”

So het Marinda Combrink gister gesê nadat sy die verwagtinge van haar mediese span in die Milpark-hospitaal in Johannesburg oortref het en ontslaan is omdat sy met ’n gebreekte nek en bekken van haar hospitaalbed tot by die kafeteria kon loop.

Dít nadat haar motor en nog 14 motors ’n maand gelede deur ’n wegholvragmotor in Floracliffe, Roodepoort, getref is en daar verwag was dat Combrink ’n nekoperasie en intensiewe rehabilitasie sou moes ondergaan om weer te leer loop.

Sy het gesê sy het haarself onder druk geplaas om beter te word sodat sy saam met haar gesin (haar man, Barry, en drie kinders) huis toe kon gaan.

“Hulle is so sterk. My lyf het seergekry, maar dit vergelyk nie met die pyn waardeur my gesin moes gaan nie.”

Sy het goeie dae, maar ook baie slegte dae. Sy verduur steeds baie pyn en sal vir drie maande ’n nekstut moet dra.

“Elke tree is seer. Ek word saans wakker en wil van my kop af gaan van die pyn.”

Sy wil egter nie hê mense moet sien hóé seer dit is nie. Sy gaan huil liewer alleen in haar slaapkamer.

“Ek is sterk, maar ek weet ek sal ’n berader moet sien om my te help met die gedagtes wat in my kop rondhardloop.

“Ek sien die ongeluk nog elke dag voor my afspeel. Ek kom niksvermoedend om die draai by die Flora-kliniek. Ek kyk op. Ek sien ’n trok wat oor karre vlieg. Ek dink hy gaan my nie tref nie, want hy is aan die teenoorgestelde kant van die pad.

“Skielik verander hy van koers. Ek haal rustig my hande van die stuurwiel af. Ek weet hy gaan my nou tref. Ek sê vir myself ‘ontspan’. Dit word doodstil.”

Sy is nou baie bang om in ’n motor te ry en selfs banger om self te bestuur.

“My hele lewe het tot stilstand gekom. Ek voel verlore, want ek kan nie werk nie, ek kan nie eens bad nie, maar ek leef. Dis die enigste goeie ding wat ek uit die tragedie kan neem.”

’n Lang herstelpad lê voor, maar sy sien uit daarna om weer haar skouers onder die badwater te laat sak, te werk en haar hare te laat groei.