Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 17°C

Wind 42km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 65%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 6.4mm


Humiditeit 70%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


25°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Nuus

Gesinsmoord: Vrou se vriend ontstel hom

Nothnagel wou sy huwelik probeer herstel

Deur Wolfram Zwecker Saterdag 20 Julie 2013 12:59 vm.

Hy beskou homself net as Linda Nothnagel (43) se vriend en ontken dat hy enigsins betrokke was by die verbrokkeling van haar en haar man, Paul (45), se huwelik.

“Onder die omstandighede gaan dit aanvaarbaar met haar,” het dié vriend, André Smit, gister uit die Netcare Union-hospitaal in Alberton Linda se toestand beskryf. Nothnagel se voormalige man, Paul (45), het haar eergister gewond en hul twee tienerdogters doodgeskiet. Hy het daarna selfmoord gepleeg.

“Sy wil nie nou daaroor praat nie. Vriende en familie is by haar,” het Smit gesê.

Paul Nothnagel het onlangs aan ’n kollega gesê hy is ongelukkig daaroor dat sy eksvrou nou ’n ander man sien. Nothnagel het gehoop hy kan sy huwelik weer herstel, het hy aan die kollega gesê.

Hy het Linda en hul twee dogters, Chané (18) en Mischke (13), eergisteroggend by ’n stopteken by ’n T-aansluiting op die hoek van Hennie Alberts- en Alicestraat in Brackendowns, Alberton, voorgelê.

Hy het vermoedelik die Hyundai Getz se deure oopgemaak, of hulle is van binne oopgemaak, en hy het op ’n afstand van sowat 2 m sowat tien skote op die drie insittendes gevuur.

Dit was blykbaar die tweede oggend wat hy vir hulle agter ’n groot boom op die straathoek gewag het. Hulle het elke oggend omstreeks dieselfde tyd dieselfde pad na die bushalte gery waar sy dogters die bus na Helpmekaar Kollege in Johannesburg gehaal het.

Ná die skietery het hy na sy motor ’n straatblok verder gestap, ingeklim en homself in die kop geskiet.

Hy is op slag dood.

Daar was volgens The Star ’n foto van sy drie slagoffers op die sitplek van sy Toyota Fortuner waarin hy selfmoord gepleeg het.

Die twee dogters en Linda is deur mense wat die skote gehoor het te hulp gesnel en na die Mulbarton-kliniek in Mulbarton, Johannesburg, en die Netcare Union-hospitaal in Alberton gebring.

Albei meisies is by hul aankoms dood verklaar.

Linda het twee vleiswonde aan haar regterbobeen en -heup opgedoen en word in die hospitaal behandel.

Volgens Karin Grobler, ’n eertydse werkgewer van Linda, is sy ’n wonderlike mens en was sy ’n uitstekende verliesberader vir kinders by onder meer die Laerskool Randhart en by die NG kerk Alberton-Suid. Linda werk tans by ’n dokter in die Clinton-kliniek in Alberton.

Kobus Myburg, Linda se seun uit haar eerste huwelik, het gister weer saam met sy pa, Pieter, sy ma besoek. Kobus studeer aan die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom.

Chané sou ook volgende jaar aan dié universiteit studeer. Sy en haar suster was onderskeidelik in matriek en gr. 8.

Volgens Riaan Nothnagel, Paul Nothnagel se broer, is die lykskouings gister afgehandel en sal begrafnisreëlings volgende week gefinaliseer word.

Media24, Nothnagel se werkgewer, het aangedui dat die groep sal help met die begrafnisreëlings, het Riaan Nothnagel gesê.