Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Saterdag


30°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Maandag


33°C / 18°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 27%

Dinsdag


34°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 26%

Woensdag


26°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.7mm


Humiditeit 58%

Nuus

Baba dood ná houe: Ma (20) weer swanger

Deur Riata Nel Saterdag 27 Julie 2013 00:18

’n Ma wat gister in die hof verskyn het op aanklag van kindermishandeling en wie se eerste baba ’n wiegiedood gesterf het, is glo weer swanger.

Ashley Anne Jordaan en haar vriend, Trevor Viljoen, (albei 20) het gister vlugtig in die Vanderbijlpark-streekhof verskyn op aanklag van kindermishandeling ná die dood van hul tien maande oue seuntjie, Ethan Piet Viljoen, verlede jaar.

Hulle het nog nie op die aanklagte gepleit nie.

Ethan is op 2 Augustus verlede jaar in hul woonplek in Palmhof in Vanderbijlpark dood.

Luidens die lykskouingverslag het die baba beserings opgedoen wat daarop dui dat hy moontlik erg aangerand is.

Hy het twee snye van ongeveer 60 mm lank aan die kop gehad en twee vorige beserings aan die regterarm.

Ao. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die lykskouing het aangedui Ethan se dood was te wyte aan ’n aangebore hartdefek.

Die lykskouing het verder getoon hy het ernstige beserings gehad wat daarop dui dat hy vermoedelik voor sy dood gewelddadig aangerand is.

Die paartjie word aangekla van die baba se mishandeling vandat hy gebore is tot die dag van sy dood.

Die egpaar se eerste baba, ook ’n seuntjie, was ’n week oud toe hy dood is. Dit is toegeskryf aan wiegiedood.

Jordaan is glo meer as drie maande swanger.

Albei is vry op borgtog van R3 000.

Die hofverrigtinge is tot 2 September uitgestel vir verhoor.