Kaapstad Verander Area

Vandag


29°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Maandag


32°C / 19°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 36%

Dinsdag


29°C / 16°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Woensdag


27°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Donderdag


25°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Vrydag


28°C / 13°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Nuus

7de Laan-akteur se kind val hom dood

Sondag 11 Augustus 2013 08:02

KAAPSTAD. - Die polisie het bevestig dat die tienerseun van 'n bekende akteur dood is toe hy by die walvisuitkykpunt op Hermanus in die Wes-Kaap gegly en geval het, het die SABC berig.

Kieran Schultz (14) is die seun van Waldemar Schultz, wat in ‘n stadium in 7de Laan te sien was.

Schultz het bekendheid verwerf vir sy rol as Jan-Hendrik Terreblanche in dié gewilde sepie.

Rapport berig die akteur, wat by Hermanus se Kalfiefees was vir ‘n opvoering van sy toneelstuk Stander, het gesê hy en ’n vriend het in ’n koffiewinkel naby die Ou Hawe gesit toe die ongeluk Saterdag kort ná 13:00 gebeur het.

Kieran – ‘n graad agt-leerlinge aan die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes – het blykbaar saam met ‘n vriend foto’s geneem toe hy gegly en van die krans in die water geval het.

André Traut, ‘n polisiewoordvoerder, sê die seun is in 'n hospitaal opgeneem, maar het later aan sy beserings beswyk.