04 Augustus 15:51
14°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 14°C

Wind 40km/h


Reënval 14mm


Humiditeit 80%

Woensdag


16°C / 13°C

Wind 8km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 61%

Donderdag


19°C / 12°C

Wind 6km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 51%

Vrydag


19°C / 13°C

Wind 9km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 57%

Saterdag


17°C / 12°C

Wind 13km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Sondag


16°C / 12°C

Wind 37km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 69%

Nuus

Dina Pule aan sluipmoordkomplot gekoppel

Deur sunday times Sondag 11 Augustus 2013 09:34

Dina Pule

JOHANNESBURG. - Die beleërde voormalige minister van kommunikasie, Dina Pule, word gekoppel aan ‘n sameswering om ‘n sluipmoord op twee lede van die parlement se komitee oor etiek uit te voer.

Dieselfde komitee het haar vroeër aan wangedrag skuldig bevind. Die komitee het ook bevind dat sy onder eed gelieg het.

Die komitee het ondersoek ingestel nadat dit aan die lig gekom het dat die minister se vriend miljoene rande in sy sak gesteek het weens ‘n indaba wat haar departement georganiseer het.

Die Sunday Times berig ‘n man beweer Phosane Mngqibisa het hom gehuur om die voorsitter van die komitee, Ben Turok, en die parlement se registrateur van ledebelange, Fazela Mohamed,  te vermoor.

Die man sê die minister se vriend het hom genader en gevra om die voorsitter te vermoor, sodat hy nie die finale sitting van die komitee oor etiek kon bywoon nie en sodoende die beskuldigdes meer tyd te gee om met ‘n oplossing vir hul probleme vorendag te kom.

Die man sê hy het SMS’e, e-posse en opnames om sy bewerings te bewys.

Die polisie is blykbaar besig om die bewerings te ondersoek.