Kaapstad Verander Area

Vandag


29°C / 17°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Sondag


30°C / 18°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


34°C / 20°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 26%

Dinsdag


36°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 22%

Woensdag


27°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 67%

Donderdag


24°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 45%

Nuus

Pule-komplot: Teiken kry lyfwagte

Deur sapa Sondag 11 Augustus 2013 13:32

KAAPSTAD. - Ben Turok, senior ANC-LP, het lyfwagte gekry omdat ‘n man beweer het hy is versoek om lede van die parlement se komitee van etiek – wat bewerings van wangedrag teen die gewese minister van kommunikasie, Dina Pule, ondersoek het – te vermoor.

“Die hoof van die parlement se sekuriteit het my kom sien en my van die dreigemente vertel... ons was besig met die sittings,” het die parlementslid gesê. Turok is die voorsitter van die parlement se komitee oor etiek.

Turok het eers van die volle omvang van die dreigemente bewus geraak toe die Sunday Times hom vroeër vandeesweek gekontak het.

Die Sondagkoerant het hom gevra om kommentaar te lewer op bewerings dat die gewese minister se vriend, Phosane Mngqibisa, ‘n man gevra het om Turok en Fazela Mohamed, die parlement se registrateur van ledebelange, te vermoor.

“Ek het nie van die besonderhede geweet voordat die Sunday Times my gebel het nie.”

Nathi Mthethwa, minister van polisie, se woordvoerder het bevestig dat die polisie die ongeïdentifiseerde man se bewerings opvolg.