Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


22°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 73%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Dinsdag


26°C / 16°C

Wind 16km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 63%

Woensdag


22°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 78%

Nuus

Reeksverkragter ná 10 jaar vasgetrek

Sondag 11 Augustus 2013 12:21 nm.

JOHANNESBURG. - ‘n Reeksverkragter wat tien jaar lank ‘n skrikbewind in Mahwelereng in Limpopo gevoer het, verskyn binnekort in die hof.

Eyewitness News berig die polisie sê die verdagte het na bewering 12 vroue tussen 2002 en 2012 verkrag. Drie van hulle is vermoor.

Hangwani Mulaudzi, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ná ‘n langdurige ondersoek die verdagte deur middel van DNS by die verkragtings en moorde betrek.

Suid-Afrika worstel op die oomblik met sy skokkende verkragtingstatistiek.

‘n Onlangse aanval in die Wes-Kaap het skokgolwe deur die land gestuur. In dié voorval is ‘n vier maande oue baba en ‘n sewejarige seun in Ceres in die Boland verkrag.

Die kinders is op ‘n plaas ontvoer terwyl hul ouers geslaap het.

Die Burger het vroeër berig hulle is in ‘n wingerd op die plaas verkrag.

Die seun het met die toestemming van sy ma aan die koerant vertel hoe hy die baba ná die verkragting opgetel en na hul huis teruggedra het.

Arno Lamoer, provinsiale polisiekommissaris, het verlede week gesê dié grusame aanval getuig van ‘n "siek samelewing waarin mans nie verantwoordelikheid kan neem nie."

Die baba is steeds in ‘n stabiele toestand in die Rooikruis Kinderhospitaal, waar sy reeds twee operasies ondergaan het.