Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Dinsdag


27°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Woensdag


27°C / 17°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


26°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Nuus

Rowers slaan toe op skatrykes in wynlande

Deur sunday times Sondag 11 Augustus 2013 2:28 nm.

Johann Rupert (Foto: Universiteit van Stellenbosch)

KAAPSTAD. - ‘n Gewapende groep rowers is besig om ‘n skrikbewind te voer in die Kaapse Wynlande, waar van die land se rykste families woon.

Van die huise wat geteiken is behoort aan Shoprite se uitvoerende hoof, Whitey Basson, asook dié van die sakemagnaat Johann Rupert en die sakevrou Wendy Applebaum.

Die Sunday Times berig die polisie het die toename in misdaad in die gebied bevestig.

“Dit blyk dat misdadigers geïsoleerde gebiede teiken, veral op plase waar toegang met voertuie beperk is,” het kapt. Frederick van Wyk gesê.

Van Wyk wou nie uitbrei oor die moontlikheid dat ‘n bende die misdade pleeg nie.

‘n Eienaar van een van die wynplase, wat anoniem wou bly, sê hy is die afgelope twee weke twee keer beroof. Hy het bygevoeg dat sowat 12 plase in die toename in misdaad geteiken is.

Ander inwoners sê die rowers het dieselfde taktieke in ‘n aantal van die inbrake gebruik.

Die Sunday Times het bygevoeg dat die polisie se hulpbronne beperk is. Slegs twee polisievoertuie patrolleer ‘n gebied wat bykans 400 plase en kleinhoewe bevat.

Volgens inwoners word waardevolle huishoudelike items gesteel.