06 Julie 21:59
14°C / 19°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


19°C / 14°C

Wind 24km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Woensdag


15°C / 13°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 87%

Donderdag


16°C / 12°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 82%

Vrydag


16°C / 12°C

Wind 5km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 82%

Saterdag


15°C / 13°C

Wind 21km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 90%

Sondag


14°C / 12°C

Wind 23km/h


Reënval 3mm


Humiditeit 73%

Nuus

Munisipale bestuurder het glo net gr.8 geslaag

Maandag 12 Augustus 2013 14:18
BLOEMFONTEIN. – 'n Munisipale bestuurder in die Noord-Kaap gaan glo afgedank word omdat hy slegs 'n gr.8-sertifikaat het.
Alvin Botes, lid van die uitvoerende raad vir maatskap­like ontwikkeling in die Noord-Kaap, het gesê die NamaKhoi-munisipaliteit sal Donderdag 'n spesiale raadsvergadering in Springbok hou oor die kwessie, berig OFM.
Die provinsiale hooggeregshof het onlangs teen die Demokratiese Alliansie en Cope beslis oor 'n aansoek dat agt ANC-raadslede in Springbok geskors moet word. Die partye het gevra vir die skorsing van die raadslede omdat hulle nie gereeld vergaderings bywoon nie.
Die ANC het vanjaar die tussenverkiesings in Springbok gewen.
Botes het gesê die ANC het intussen 'n aanklag by die Valke ingedien oor die verkwisting en onregmatige besteding van R56 miljoen by die munisipaliteit.
Die Openbare Beskermer ondersoek die saak.