30 Mei 06:16
15°C / 17°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


17°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 6mm


Humiditeit 77%

Sondag


15°C / 12°C

Wind 37km/h


Reënval 4mm


Humiditeit 80%

Maandag


14°C / 12°C

Wind 50km/h


Reënval 3mm


Humiditeit 73%

Dinsdag


18°C / 14°C

Wind 16km/h


Reënval 4mm


Humiditeit 79%

Woensdag


16°C / 13°C

Wind 20km/h


Reënval 5mm


Humiditeit 74%

Donderdag


16°C / 13°C

Wind 11km/h


Reënval 13mm


Humiditeit 83%

Nuus

Polisiebeampte verkrag glo sekswerker

Deur sapa Maandag 12 Augustus 2013 12:13
JOHANNESBURG. – 'n Wes-Kaapse polisiekaptein verskyn Maandag in die Wynberg-landdroshof nadat hy glo 'n prostituut verkrag het, het die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) gesê.
Die beampte, verbonde aan die  provinsie se spesiale taakmag, is Donderdag in hegtenis geneem, het Moses Dlamini, woordvoerder van die Opod, gesê.
'n 26-jarige vrou beweer die polisiebeampte, wat in 'n bakkie gery het, het haar op 3 Augustus om 03:30 genader en gevra vir orale seks. Terwyl sy dié diens aan hom verskaf het, wou die man na bewering met haar seks hê, het Dlamini gesê.
"Toe die sekswerker weier het die man haar na bewering aangerand en het sonder haar toestemming met haar seks gehad."
Die vrou kon daarin slaag om uit die voertuig te ontsnap en het die bakkie se registrasienommer neergeskryf.
Dlamini het gesê daar is toe vasgestel dat die bakkie aan die polisieman behoort.
Die beampte staan tereg op aanklagte van verkragting en aanranding.