Kaapstad Verander Area

Vandag


32°C / 18°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 38%

Dinsdag


29°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Woensdag


28°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Donderdag


25°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Vrydag


27°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Saterdag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Nuus

Politikus ry taxi om na kiesers se griewe te luister

Deur sapa-afp Maandag 12 Augustus 2013 10:23

Noorweë se premier, Jens Stoltenberg, het homself as 'n taxibestuurder in Oslo voorgedoen om uit te vind wat kiesers "werklik bekommer". Foto: Reuters

OSLO. - Die Noorse premier, Jens Stoltenberg, het onthul dat hy homself as 'n taxibestuurder voorgedoen het in 'n poging om uit te vind wat kiesers "werklik bekommer".
"As daar een plek is waar mense regtig sê wat hulle dink, is dit in 'n taxi," het Stoltenberg Sondag, in 'n video wat op Facebook, Twitter en YouTube verskyn het, gesê.
Dié video is vrygestel tydens kandidate se kiesveldtog vir die algemene verkiesing op 9 September.
Stoltenberg het 'n taxi-uniform gedra en vir 'n dag in Junie passasiers in 'n swart Mercedes in Oslo rondgery.
'n Versteekte kamera in die taxi het die mense se reaksies gewys insluitende een wat opgemerk het: "Van hierdie kant lyk hy regtig baie soos die premier."
'n Bejaarde vrou, wat ook vir Stoltenberg herken het, het hom gevra om iets te doen oor "grootbase se salarisse" en gekla dat hulle nie "soveel miljoene moet maak nie".
Volgens die jongste peiling gaan Stoltenberg se regerende Sosialistiese Linkse Party (bekend as SV) waarskynlik die verkiesing verloor.