Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Saterdag


27°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Sondag


23°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 74%

Maandag


26°C / 17°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Dinsdag


27°C / 17°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 6.7mm


Humiditeit 68%

Nuus

R180 vir ʼn bier in Swaziland

Deur sapa Maandag 12 Augustus 2013 6:50 vm.
JOHANNESBURG. - In Swaziland gaan ‘n 750ml bottel bier jou sowat R180 uit die sak jaag terwyl die land se tekort aan bier vir die derde agtereenvolgende week voortduur.
Die Business Report het berig dat die bottel bier wat aanlyn te koop aangebied word ook aflewering insluit. 
ʼn Bottel bier verkoop gewoonlik vir sowat R11. 
Die brouery het sowat drie weke gelede produksie gestaak om toerusting vir ʼn nuwe produksielyn te installeer. 
Castle, Black Label en die plaaslike Sibebe is van die biere wat hier gebrou word. 
Sharon Maziya, woordvoerder van die brouery, het gesê daar is tans ook ʼn verhoogde vraag na bier in Suid-Afrika en kan hulle dus ook nie invoer nie. 
Die tekort aan bier het voorbladnuus gemaak in Swaziland. 
Die Swazi News se hoofopskrif het gelees: “Sonder bier sal ons sterf!” 
Daar is steeds blikkies bier beskikbaar maar teen ʼn verhoogde prys. 
Inwoners verkies glo egter bottels aangesien daar meer bier in is en dit makliker onder mekaar gedeel kan word.