04 Julie 12:08
11°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 11°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 83%

Sondag


15°C / 11°C

Wind 21km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 83%

Maandag


17°C / 11°C

Wind 9km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 80%

Dinsdag


18°C / 14°C

Wind 18km/h


Reënval 3mm


Humiditeit 68%

Woensdag


16°C / 13°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 83%

Donderdag


16°C / 13°C

Wind 30km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Nuus

Staat finaliseer klagstaat in Oscar-saak

Maandag 12 Augustus 2013 17:31

Oscar Pistorius Foto: AP

PRETORIA. – Die staat is besig om die akte van beskuldiging teen die moordbeskuldige Oscar Pistorius te finaliseer. 
Pistorius word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag vanjaar in sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet het.  Borgtog van R1 miljoen is aan hom toegestaan, berig Eyewitness News.
Die klagstaat sal spesifieke inligting bevat oor die misdade wat die vervolgingspan beweer hy het gepleeg.
Die Paralimpiese atleet verskyn weer op 19 Augustus in die hof – dieselfde dag as wat Steenkamp haar 30ste verjaardag sou vier.
Hoewel daar nog geen bevestiging is van 'n verhoordatum nie, sal die verhoor na verwagting vroeg aanstaande jaar plaasvind.