Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 70%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Nuus

Vyf vas ná moord op bejaarde man

Deur sapa Maandag 12 Augustus 2013 5:30 nm.
JOHANNESBURG. – Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo 'n bejaarde man in Bulwer, KwaZulu-Natal, vermoor en sy lyk in die kattebak van sy motor geprop het, het die polisie Maandag gesê.
Die 81-jarige Michael John Poval is Sondag om 23:30 deur familielede gevind. Hy het 'n oop wond op sy rug gehad.
"Die slagoffer, wat alleen gewoon het, is vermoedelik deur 'n groep verdagtes by sy huis gekonfronteer, waarna hy gesteek en sy lyk in die kattebak van sy motor gesit is," het Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, in 'n verklaring gesê.
Die aanvallers het gevlug met die slagoffer se geldboks en sy ander motor.
Die lyk is Sondag gevind gevind nadat 'n vriendin, wat Saterdag vir hom kos afgelewer het, gesien het die huis se deur is oop, maar sy Poval nooit gesien het nie.
"Toe sy Sondag na die huis terugkeer, het sy gesien die deur is steeds oop en die kos is op dieselfde plek waar sy dit gelos het. Sy het Poval se familielede gekontak en hulle het sy lyk in die kattebak van sy motor gevind," het Zwane gesê.
Polisiebeamptes het later die gesteelde wit Volkswagen Jetta in die Edendale-hoofweg gesien en die voertuig agternagesit.
Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 17 en 35, is in hegtenis geneem en verskyn binnekort op aanklagte van moord en roof in die hof.