28 Augustus 09:39
14°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 14°C

Wind 22km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 86%

Saterdag


16°C / 13°C

Wind 29km/h


Reënval 2mm


Humiditeit 77%

Sondag


16°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Maandag


16°C / 14°C

Wind 39km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


17°C / 13°C

Wind 28km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 69%

Woensdag


18°C / 12°C

Wind 17km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 65%

Nuus

Franse avonturier se gesteelde rolstoel teruggevind

Deur sapa-dpa Dinsdag 13 Augustus 2013 12:39

PARYS. - Die Franse avonturier, Phillipe Croizon, gaan met sy gesteelde rolstoel herenig word nadat ’n busdrywer dit in ’n motorpark gevind het.

“Ek gaan my rolstoel Donderdagoggend by die polisiestasie in Dieppe [Frankryk] haal,” het die Fransman Dinsdag getwiet.

Croizon, ’n kwadrupleeg, was met vakansie  in die noorde van Frankryk toe diewe verlede week ’n sleepwa met die spesiaalontwerpte elektriese rolstoel binne-in gesteel het.

Die 45-jarige atleet, wat die eerste kwadrupleeg was om die Engelse Kanaal in 2010 te swem, het op radio- en televisiestasies gepleit vir inligting oor sy rolstoel.

’n Busdrywer, wat die rolstoel in 'n verlate motorpark gevind het, het Croizon Maandagaand gebel nadat hy die nuusberigte gesien het.

Croizon het sy arms en bene verloor nadat hy in 1994 ’n elektriese skok gekry het toe hy op ’n leer gestaan en sy TV-antenna, wat aan ’n kragdraad geraak het, geskuif het. 

Hy is tans besig om ’n boek oor sy swemprestasies te skryf.