Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 60%

Maandag


20°C / 14°C

Wind 28km/h


Reënval 44.9mm


Humiditeit 82%

Dinsdag


23°C / 15°C

Wind 17km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 71%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Nuus

Gasontploffing in Argentinië: Reddingswerk gestaak

Deur sapa-dpa Dinsdag 13 Augustus 2013 7:50 vm.

Die woonstelgebou in Rosario, Argentinië wat deur 'n gasontploffing beskadig is. Een-en-twintig mense is in dié ontploffing dood. Foto: AP | Alfredo Gomez

ROSARIO. - Die finale dodetal na 'n ontploffing in 'n woonstelgebou in Rosario, Argentinië is 21 nadat die liggame van die laaste vermiste slagoffers geïdentifiseer is, het amptenare Dinsdag gesê.
Reddingswerkers het Maandag die laaste drie liggame uit die puin getrek van die gebou wat op 6 Augustus deur 'n gasontploffing aan flarde geruk is.
Twee oorlewendes  kon verlede week daarin slaag om self uit die puin te klim, het die Santa Fe-provinsie se gesondheidsminister, Miguel Cappiello, gesê. 
Reddingspogings is gestaak nadat daar rekenskap gegee is van al die vermistes. 
Leonardo Caruana, die munisipale gesondheidsekretaris, het gesê nege mense word steeds in die hospitaal behandel. 
Sowat 60 mense is in die ongeluk beseer. 
Twee werkers, wat besig was om gaslyne binne die gebou te herstel, word tans deur die owerhede aangehou. 
Ooggetuies beweer een van die mans het gevlug tydens die gaslek terwyl die ander een hulp gesoek het.
Rosario, Argentinië se derde grootste stad, is sowat 300 km noordwes van Buenos Aires geleë.