Kaapstad Verander Area

Vandag


32°C / 18°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 38%

Dinsdag


29°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Woensdag


28°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Donderdag


25°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Vrydag


27°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Saterdag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Nuus

Ondersoek in Oscar-moordsaak afgehandel

Deur sapa Dinsdag 13 Augustus 2013 17:28

Oscar Pistorius Foto: Argief

JOHANNESBURG. – Die ondersoek na die skietdood van die model Reeva Steenkamp is afgehandel, het die polisie Dinsdag gesê.
Steenkamp is op Valentynsdag vanjaar deur die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius in sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet.
Lt.genl. Solomon Makgale, nasionale woordvoerder, het gesê Pistorius sal Maandag tydens sy verskyning in die Pretoriase landdroshof die akte van beskuldiging teen hom ontvang en die saak sal uitgestel word.
"Die staat en die verdediging sal dan saam besluit op 'n verhoordatum.
"Die polisie se ondersoekspan, onder leiding van lt. genl. Vineshkumar Moonoo, is oortuig daarvan dat daar 'n klag is waarop die beskuldigde moet beantwoord en hulle het onvermoeid gewerk om te verseker dat die ondersoek afgehandel is."
Die span bestaan uit speurders, forensiese, ballistiese en tegnologie kenners, sowel as forensiese sielkundiges.
Pistorius staan tereg opa aankag van moord met voorbedagte rade. Hy het ten sterkste ontken dat hy Steenkamp vermoor het en gesê hy het haar vir 'n inbreker aangesien.