Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 40.8mm


Humiditeit 86%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 68%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
Twee sterf in Potch-ongeluk Student verongeluk op pad na verloofde 4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind
Nuus

Sy sal Pippie se boetie mis

‘Ek voel meer soos sy ma’ – ouma

Deur Lourensa Eckard Dinsdag 13 Augustus 2013 8:23 nm.

JOHANNESBURG. – “Ek voel meer soos Arno se ma as sy ouma.”

So het Loesje Barnard, Pippie Kruger se ouma, gister oor die vierjarige brandslagoffertjie se boetie, Arno (2), gesê.

Sedert Oujaarsaand in 2011, toe Pippie 80% derdegraadse brandwonde oor haar lyf opgedoen het toe ’n vuuraansteekmiddel op haar beland en ontplof het, woon Arno by Barnard.

“Hy was maar ses maande oud toe dit gebeur het, so ek moes hom grootmaak,” het Barnard gister op die bekendstelling van die boek Pippie, geskryf deur Colleen Naudé en Pippie se ma, Anice, in Sandton gesê.

Barnard het gesê sy gaan hom mis as Anice en Pippie volgende maand terug Lephalale (Ellisras) toe trek.

“Ek sal dit alles weer doen. Arno voel nou soos my eie kind.”

Pippie se pa, Erwin, en haar oupas en oumas het ook gister die bekendstelling bygewoon.

“Ek kan steeds Pippie se gesig sien brand en ek sal dit seker nooit kan vergeet nie,” het Erwin gesê. Hy verwerk steeds die trauma van daardie aand.

Dr. Ridwan Mia, die plastiese chirurg wat gekweekte vel op Pippie oorgeplant het, het vertel hoe emosioneel hy gedurende die proses was.

“Ek het so wetenskaplik as moontlik met Anice en Erwin gepraat, want as ’n dokter kon ek nie wys hoe emosioneel ek eintlik was nie.”

Mia het sterk uitgevaar teen diegene wat sê Pippie se veloorplanting, wat sowat R240 000 gekos het, was buitensporig.

“As ’n dokter moet jy die beste vir jou pasiënt doen. Ja, daar was goedkoper opsies, maar dit was nie die beste vir Pippie nie. Jy gaan mos nie vir Madiba by die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal behandel net omdat dit goedkoper is nie?”

Daar was volgens Mia ook verskeie dokters wat gesê het die baanbrekerswerk wat met die veloorplanting gedoen is, is tevergeefs.

“Sommige dokters het gesê ons is net besig om ’n stuk vleis te behandel.”

Die oomblik toe hy Pippie die eerste keer sien, was verskriklik, het Mia gesê.

“Die vuuraansteekmiddel was steeds brandend aan haar vel, sy was baie geswel, van haar spiere en vetweefsel was so erg gebrand dat ’n mens sommige van haar ribbebene kon sien.”