Kaapstad Verander Area

Vandag


26°C / 17°C

Wind 27km/h


Reënval 0.7mm


Humiditeit 59%

Dinsdag


26°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Woensdag


32°C / 18°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Donderdag


33°C / 18°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Vrydag


25°C / 19°C

Wind 23km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 56%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 34km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 47%

Nuus

Transgender-studente kry erkenning in Kalifornië

Deur sapa-afp Dinsdag 13 Augustus 2013 09:09
LOS ANGELES. - Transgender-studente in openbare skole in Kalifornië sal voortaan die badkamers kan kies wat hulle wil gebruik en hulle sal ook kan besluit oor die geslagspesifieke sportsoorte waaraan hulle wil deelneem, volgens nuwe wetgewing wat Maandag in dié Amerikaanse staat aangeneem is.
Die wetgewing sal studente toelaat om volgens die geslag wat hulle verkies behandel te word in plaas van die geslag wat op hul amptelike dokumente aangedui word.
Ondersteuners sê dit gaan help om afknouery te verminder terwyl opponente waarsku dat die nuwe wetgewing leerdery sal ontwrig.
Kalifornië, die mees digbevolkte staat in die VSA, is op die voorgrond van 'n nasionale debat oor gay-, lesbiese en transgender-regte.
Die Amerikaanse hooggeregshof het in Junie ’n voorstel verwerp om Kalifornië se sogenaamde Proposition 8, wat gay-huwelike verbied, weer in te stel. 
Uit onlangse meningspeilings blyk dit daar is bestendige groei in openbare steun vir gay-huwelike in die VSA.