Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 14°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Donderdag


24°C / 14°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Vrydag


24°C / 14°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Maandag


24°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Nuus

Verdagte wil gesteelde skilderye teruggee

Deur sapa-afp Dinsdag 13 Augustus 2013 11:02 vm.
BOEKAREST. – Die hoofverdagte in ’n skouspelagtige rooftog by ’n museum in Rotterdam het gesê hy sal vyf van die sewe gesteelde meesterwerke teruggee as sy verhoor in Nederland kan plaasvind.
“Radu Dogaru het probeer om ’n ooreenkoms met die [Nederlandse] aanklaers aan te gaan,” het die Roemeniër se prokureur, Catalin Dancu, Dinsdag aan joernaliste gesê.
Die prokureur het egter gesê hy kan nie bevestig of sy kliënt in besit is van enige van die gesteelde werke nie.
Staatsaanklaers in Roemenië sê hulle is bevrees dat Dogaru se ma die skilderye, wat in Oktober verlede jaar uit die Kunsthal-museum in Rotterdam gesteel is, verbrand het.
’n Ontleding deur kenners van Roemenië se geskiedenismuseum het onthul dat as, wat uit haar stoof gehaal is, die oorblyfsels bevat van drie olieverfskilderye sowel as spykers van rame wat voor die 19de eeu gebruik is.
Die verhoor van die ses Roemeniërs, insluitende Dogaru en sy ma, het Dinsdag begin.
Volgens aanklaers is die totale waarde van die sewe skilderye, waaronder werke van Picasso en Monet, sowat $24 miljoen (R238 miljoen).