04 Augustus 19:53
13°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 13°C

Wind 8km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 62%

Donderdag


20°C / 12°C

Wind 5km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 48%

Vrydag


19°C / 13°C

Wind 10km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


17°C / 12°C

Wind 12km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 72%

Sondag


16°C / 12°C

Wind 35km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Maandag


13°C / 11°C

Wind 25km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 65%

Nuus

Vier vas ná gru-moord op apteker

Dinsdag 13 Augustus 2013 17:28
ORANJEVILLE. – Vier mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n apteker van Oranjeville.
Peter Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes, wat tussen 23 en 26 jaar oud is, is in hul huise in die Metsimaholo-township buite die dorp in hegtenis geneem nadat die stasiekommissaris ’n wenk van die gemeenskap ontvang het, berig OFM.
Die mans het na bewering die 57-jarige Vivien Ponté in haar slaapkamer vermoor en die kamer aan die brand gesteek.
Ponté se naakte, verbrande lyk is Maandagoggend gevind.
Sy was ’n apteker wat in Johannesburg in ’n mediese laboratorium werksaam was. Sy was ongetroud en het geen kinders gehad nie.
Die verdagtes het waardevolle items uit Ponté se huis in hul besit gehad. Hulle sal Donderdag op aanklagte van moord, roof en brandstigting in die Heilbron-landdroshof verskyn.