Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 14°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 30km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Nuus

Wapens by Lonmin-hostels gevind

Deur sapa Dinsdag 13 Augustus 2013 12:56 nm.
JOHANNESBURG. – Die polisie in die Noordwes-provinsie het Dinsdagoggend by Lonmin se mynhostels beslag gelê op tuisgemaakte wapens.
“Ons het verskeie tuisgemaakte skerp voorwerpe soos knopkieries en assegaaie by twee hostels in die platinumgordel gevind,” het brig. Thulani Ngubane gesê.
“Dit is deel van ’n operasie om ontslae te raak van enige gevaarlike wapens om te verseker dat ons ’n vreedsame herdenking het.”
In Augustus verlede jaar het 44 mense tydens onrus by Lonmin se Marikana-myn gesterf.
Ngubane het gesê die wapens is by die Wonderkop- en Karee-hostels gevind.
Hy het gesê die polisie het verskeie versoeke ontvang vir saamtrekke op 16 Augustus in dié gebied.