Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Woensdag


22°C / 17°C

Wind 40km/h


Reënval 2.9mm


Humiditeit 69%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 5.8mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


25°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Nuus

Webwerf van R140 miljoen ondersoek

Deur sapa Dinsdag 13 Augustus 2013 12:04 nm.
JOHANNESBURG. – ’n Tender van meer as R100 miljoen wat die Vrystaatse regering toegeken het vir die ontwerp van ’n webwerf sal deur ’n onafhanklike kenner ondersoek word, het die burgerregte-organisasie AfriForum gesê.
“Die buitensporige bedrae is kommerwekkend en hoe verder mens deur die dokumente lees, hoe duideliker word dit dat daar te veel ongerymdhede is,” het Cornelius Els van AfriForum in die Vrystaat Dinsdag gesê.
Die Sowetan het in Maart berig dat die Vrystaatse regering R140 miljoen bestee het aan sy webwerf. Elzabé Rockman, direkteur-generaal, het in 2011 ’n driejaar-kontrak onderteken vir die herontwerp van die webwerf.
Rockman het glo die bedrag betwis en gesê dit is eintlik R40 miljoen.
Die ooreenkoms is onderteken met die sakeman Tumi Ntsele, wat volgens berigte tenders in verskeie ander provinsiale departemente het.
Els het gesê AfriForum het die tenderdokumente van die kantoor van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, bekom.
“Webontwikkelaars het wyd kommentaar gelewer oor die tender. Volgens kenners behoort selfs die duurste, omvattende en interaktiewe webwerwe met streng sekuriteitsfunksies nie duurder as ’n paar duisend rand te wees nie."
Hy het gesê die tender is R119,6 miljoen werd.
“Sedert 2011 is meer as R70 miljoen bestee en nóg R41 miljoen sal in 2013-’14 bestee word. Dit is ’n duidelike voorbeeld van belastinggeld wat verkwis word."
Hy het gesê die geld kan eerder aangewend word vir die waterkrisis.