08 Julie 04:13
14°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 14°C

Wind 13km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 86%

Donderdag


17°C / 13°C

Wind 16km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 79%

Vrydag


17°C / 12°C

Wind 6km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Saterdag


15°C / 13°C

Wind 27km/h


Reënval 4mm


Humiditeit 89%

Sondag


14°C / 12°C

Wind 24km/h


Reënval 5mm


Humiditeit 69%

Maandag


12°C / 10°C

Wind 23km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Nuus

'Yengeni word nie geteiken'

Deur sapa Dinsdag 13 Augustus 2013 09:58

Tony Yengeni nadat hy Maandag op borgtog uit Kaapstad Sentraal-polisiekantoor vrygelaat is. Foto: Sharief Jaffer

KAAPSTAD. - Die owerhede in Kaapstad ontken dat hulle Tony Yengeni "teiken" ná sy inhegtenisneming vir beweerde dronkbestuur, het die Cape Argus Dinsdag berig.
JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê Yengeni is een van 52 mense wat die naweek in Kaapstad in hegtenis geneem is.
"Metro-polisielede het Yengeni afgetrek omdat hy nie behoorlik beheer oor sy Maserati gehad het nie," het Smith, aan die koerant gesê en bygevoeg dat die motor ook een van sy nommerplate kwyt was.
Smith het gesê beeldmateriaal van Yengeni voor en ná sy inhegtenisneming is beskikbaar as bewys dat polisielede genoegsame rede gehad het om hom af te trek.

Hy is Sondagaand op die hoek van Dixonstraat en Somersetweg in Groenpunt gestop. 

Yengeni, ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, is eers na Kaapstad Sentraal-polisiekantoor en toe na ’n provinsiale toetssentrum in Vanguard-rylaan geneem, waar ’n bloedmonster geneem is. 

Van daar is hy terug na die aanhoudingselle by Kaapstad Sentraal geneem.

Hy is Maandag omstreeks 07:30 op R500 borgtog vrygelaat en moet op 4 Maart in die Kaapstad-landdroshof op aanklag van dronkbestuur verskyn.

Vir die volledige berig in vandag Die Burger kliek hier.