Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Sondag


26°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Maandag


23°C / 15°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuus

China: Tien probeer saam selfmoord pleeg

Deur sapa-afp Woensdag 14 Augustus 2013 12:49 nm.
BEIJING. -  'n Groep van minstens tien mense het Dinsdag naby 'n spoorwegstasie in Beijing saam probeer selfmoord pleeg deur plaagdoder te drink, het plaaslike media Woensdag berig.

Sommige van die mense in die groep het T-hemde aangehad met die naam ''Harbin Railway Bureau".

China se spoorwegministerie, wat 'n groot werkgewer in dié land is, is in Maart afgeskaf en by die ministerie van vervoer ingelyf, wat gelei het tot vrese vir afdankings.

Harbin is in die noordooste van China waar chroniese werkloosheid heers sedert die hervorming van staatsbeheerde bedrywe in die laat 1990's deur die destydse premier, Zoe Rongji.

Volgens 'n hospitaalwoordvoerder is slagoffers wat daar opgeneem is reeds ontslaan.

China se selfmoordkoers (22,23 per 100 000 mense) is van die hoogste ter wêreld.

Die gebruik van plaagdoder is 'n algemene selfmoordmetode in China se landelike gebiede.