22 Mei 19:35
14°C / 28°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 14°C

Wind 11km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 28%

Saterdag


19°C / 12°C

Wind 12km/h


Reënval 0.5mm


Humiditeit 82%

Sondag


22°C / 11°C

Wind 15km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 75%

Maandag


18°C / 13°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


18°C / 13°C

Wind 20km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 80%

Woensdag


20°C / 12°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Nuus

Egipte: Dodetal styg nadat polisie losbrand

Deur sapa, afp Woensdag 14 Augustus 2013 12:04
KAïRO. – Minstens 43 mense is dood toe die polisie vroeër vandag twee protesgroepe, wat hul steun aan pres. Mohamed Moersi toesê, uiteen gejaag het.
'n Korrespondent van die nuusagentskap AFP het die lyke in 'n tydelike lykhuis by die Rabaa al-Adawiya-kamp in Kaïro, Egipte, getel en gesê die slagoffers het waarskynlik aan skietwonde beswyk. 
Die korrespondent sê daar is geen vroue of kinders onder die oorledenes nie. 
Morsi is verlede maand in 'n staatsgreep ontsetel nadat grootskaalse betogings teen sy bewind gehou is. 
Sy omverwerping het tot hernieude geweld gelei, wat reeds talle sterftes tot gevolg gehad het. Hy is sedertdien nie in die openbaar gesien nie.
Die Suid-Afrikaanse regering het vroeër daarop aangedring dat die beleërde leier onvoorwaardelik vrygelaat word. 
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het ook geëis dat die ander politieke gevangenes wat sedert die staatsgreep aangehou word, saam met die president vrygelaat word.