Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Sondag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 73%

Maandag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 1.6mm


Humiditeit 66%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 19km/h


Reënval 8.0mm


Humiditeit 74%

Nuus

Egipte kondig noodtoestand af

Deur sapa-afp Woensdag 14 Augustus 2013 4:16 nm.

KAïRO. – Egipte het ’n maand lange noodtoestand afgekondig nadat veiligheidsmagte Woensdag op ondersteuners van die afgesette pres. Mohamed Moersi toegeslaan het.

Die noodtoestand sal om 16:00 (SA tyd) begin, het die presidensie gesê in ’n verklaring wat op staatstelevisie voorgelees is. 

Minstens 43 mense is in Woensdag se geweld dood toe die polisie betogers wat hul steun aan Moersi toesê, uiteengejaag het.

Sky News berig sy veteraan-kameraman Mick Deane is vroeër die dag doodgeskiet.
’n Korrespondent van die nuusagentskap AFP het die lyke in ’n tydelike lykhuis by die Rabaa al-Adawiya-kamp in Kaïro, Egipte, getel en gesê die slagoffers het waarskynlik aan skietwonde beswyk.
Moersi is verlede maand in ’n staatsgreep ontsetel nadat grootskaalse betogings teen sy bewind gehou is. 
Sy omverwerping het tot hernieude geweld gelei, wat reeds talle sterftes tot gevolg gehad het. Hy is sedertdien nie in die openbaar gesien nie.

Die Moslem-broederskap waaraan die beleërde leier behoort, het vroeër vandeesweek gewaarsku dat die land in ’n bloedbad sal ontaard indien betogers uiteengejaag word.