Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 2.3mm


Humiditeit 63%

Donderdag


26°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Vrydag


28°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Sondag


27°C / 14°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Maandag


32°C / 18°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 31%

Nuus

Marikana-kommissie sê oor befondsing

Woensdag 14 Augustus 2013 09:17
JOHANNESBURG. – Die Marikana-kommissie sal vanoggend aankondig of die Lonmin-mynwerkers wat verlede jaar beseer en in hegtenis geneem is, staatsbefondsing gaan ontvang. 
Hul regsverteenwoordigers het verlede maand aan die kommissie onttrek, nadat 'n aansoek om staatsbefondsing van die hand gewys is, berig RSG.
Die sittings is sedertdien deur vertragings gekenmerk, wat vrae oor die geloofwaardigheid van die kommissie laat ontstaan. Die kommissie sê dit is betreurenswaardig dat soveel dae al verlore gegaan het. 
Die strydende vakbonde, Amcu en die NUM het intussen hul verskille opsy geskuif en gevra vir vrede. 
Dit is Vrydag die eerste herdenking van die Marikana slagting toe 34 mynwerkers tydens 'n onbeskermde staking doodgeskiet is. Amcu het die NUM genooi na 'n seremonie ter ere van die slagoffers. Die vakbonde sal ook hulde bring aan 'n plaaslike NUM-leier wat Maandag doodgeskiet is.