Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 70%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Vrydag


26°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Nuus

Seemanne vasgekeer op duikboot ná ontploffing

Deur ap Woensdag 14 Augustus 2013 8:02 vm.
NIEU-DELHI. – 'n Beampte van die Indiese vloot het gesê 18 seemanne is vasgekeer aan boord 'n duikboot wat ná 'n ontploffing aan die brand geslaan en ontplof het.
Die beampte het gesê ander seemanne spook nou om hulle te red.
Die dieselaangedrewe duikboot het Woensdagoggend by 'n hawe in Moembai gesink. Die brand is geblus, maar die beampte het gesê die seemanne is nog nie gevind nie. Dit is nie bekend of hulle dood of beseer is nie.
Die beampte het op voorwaarde van anonimiteit gepraat, omdat hy nie toestemming het om met die media te praat nie.
Volgens die beampte het seemanne van ander nabygeleë eenhede uit paniek in die see gespring. Hy het gesê sommige van hulle is beseer en in die hospitaal opgeneem.