Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 54%

Sondag


23°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 56%

Maandag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Dinsdag


23°C / 15°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 2.5mm


Humiditeit 68%

Nuus

Vakbondhoof geskors oor Vavi se toespraak

Deur sapa Woensdag 14 Augustus 2013 7:02 vm.

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu. Foto: Argief

JOHANNESBURG. – Thobile Ntola, president van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou), is uit dié vakbond geskors.
Ntola is volgens Mail & Guardian geskors nadat Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, lede van Sadou in die Oos-Kaap toegespreek het en omdat hy in die media gesê het Sadou in die Oos-Kaap het Vavi se verskoning aanvaar.
"Ek dink hulle [Vavi se vyande in Sadou] wil nie hê ek moet môre [Woensdag] die vergadering van Cosatu se uitvoerende komitee bywoon nie. Hulle [Sadou-leiers] word nie deur gewone lede ondersteun nie. Die gewone Sadou-lede ondersteun Vavi," het Ntola gesê.
Verlede maand het 'n junior Cosatu-werknemer Vavi daarvan beskuldig dat hy haar verkrag het. Vavi het erken dat hy 'n seksuele verhouding met die vrou gehad het, maar hy gesê sy het daartoe ingestem.
Die vrou het tydens 'n verhoor die klag teen Vavi teruggetrek.
Cosatu sal Woensdag 'n spesiale sentrale uitvoerende komitee-vergadering in Johannesburg hou en Vavi kan dalk gestraf word oor die buite-egtelike verhouding.
Ntola het gesê hy is geskok oor sy skorsing omdat hy Vavi nie persoonlik uitgenooi het om werkers in die Oos-Kaap toe te spreek nie.
Hy kan ook nie verstaan wat die probleem is met die feit dat hy in die media kommentaar gelewer het nie.
"Ek is die president van Sadou, ek verstaan nie hoekom ek nie vrae van joernaliste kan beantwoord nie."
Die National Union of Metalworkers SA en die munisipale vakbond Samwu in die Oos-Kaap het hul steun aan Vavi toegesê.