Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Nuus

Bantoe-onderwys was beter, sê akademikus

Deur sapa Donderdag 15 Augustus 2013 3:29 nm.
PRETORIA. - Die apartheidsera se Bantoe-onderwysstelsel was veel beter as die huidige stelsel, het ’n Wits-akademikus Donderdag in Pretoria gesê.
“Wat gehalte betref was dit veel beter as die onderwys wat ons kinders deesdae ontvang en dit is waar die probleem lê,” het Rabelani Dagada, ’n dosent by die sakeskool van die Universiteit van die Witwatersrand gesê tydens ’n debat oor regstellende aksie.
“Regstellende aksie moet oor bemagtiging gaan. Die beste manier om te bemagtig is nie om weg te vat van mense wat het en dit dan te gee aan diegene wat nie het nie. Dit sal nie werk nie.”
Dagada het gesê Suid-Afrikaners kan slegs deur behoorlike onderwys bemagtig word.
Suid-Afrika se gewese minister van buitelandse sake, Pik Botha, wat ook aan die debat deelgeneem het, het gesê onder die ANC se leierskap het die land wegbeweeg van oudpres. Nelson Mandela se beginsels.
Hy het gesê Suid-Afrika se beleid oor regstellende aksie benadeel hoofsaaklik die swart meerderheid.
“Hoeveel moet ons nog verduur voordat ons sê dis genoeg. Ons onderwys is ver agter. Dit is die swakste in Afrika, maar het die hoogste besteding per kapita.”
Botha het gesê selfs Zimbabwe se onderwysstelsel is beter.
“Wanneer gaan dit verander? By staatshospitale moet swart pasiënte drie jaar wag vir ’n operasie.”
Botha het gesê toe Mandela aan bewind gekom het, was hy versigtig om nie wit mense se vaardighede te verloor nie.
“Hy het gesê ons moet nie die wittes se bekwaamheid verloor nie. Hulle moet nie die openbare sektor verlaat nie, maar help om mense te leer om dieselfde vaardighede te kry,” het Botha gesê.
“En nou het hulle al daardie mense verwyder.”
Naas Dagada en Botha het dr. Dirk Hermann, Solidariteit se uitvoerende hoof, Donderdag aan die debat deelgeneem.