Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


30°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Sondag


30°C / 17°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


34°C / 20°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 29%

Dinsdag


36°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 36%

Woensdag


26°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 63%

Nuus

Chaos heers steeds in Egipte

Deur afp Donderdag 15 Augustus 2013 07:48

Lede van die Moslem-Broederskap en ondersteunders van die afgesette pres. Mohamed Moersi vlug nadat die onluste-polisie traanrook gebruik het om hulle uiteen te jaag. Foto: Reuters

KAЇRO. – Betogings en gewelddadige gevegte is oornag en Donderdagoggend regoor Egipte aangemeld.
Ondersteuners van die afgesette pres. Mohamed Moersi het woedend reageer nadat veiligheidsmagte vroeër op 'n groep Moersi-ondersteuners toegeslaan het.
Moersi se Moslem-Broederskap het op sy webwerf gesê betogings is in Alexandrië en twee ander noordelike provinsies aangemeld. Egiptiese polisie- en weermaglede is oornag in die hoofstad, Kaïro en ander stede en provinsies ontplooi om 'n aandklokmaatreël af te dwing. 
Die ministerie van gesondheid in die land sê 278 mense is dood en baie meer beseer in Woensdag se klopjagte in Kaïro om pro-Morsi-ondersteuners uiteen te jaag. Die Broederskap het egter gesê 2 600 mense is dood.
Egipte se nasionale Midde-Ooste-Nuusagentskap berig dat duisende Moersi-ondersteuners ook buite 'n moskee in oostelike Kaïro byeengekom het.
Moersi-ondersteuners het ook polisiekantore in verskeie dele van die land aangeval.
Vader Rafic Greiche, woordvoerder van die Egiptiese Katolieke kerk, het gesê 17 kerke is Woensdag aangeval en afgebrand.
Intussen het Egipte se tussentydse adjunkpresident, Mohamed ElBaradei, Woensdag bedank.
In 'n bedankingsbrief aan die tussentydse president, Adly Mansour, het ElBaradei gesê "die bevoordeeldes van wat vandag gebeur het, is diegene wat vra vir geweld, terrorisme en die mees ekstreme groepe.
"Soos julle weet, het ek gesien daar is vreedsame maniere om die botsing in die samelewing te beëindig, daar was voorgestelde een aanvaarbare oplossings vir nuwe maniere wat ons tot 'n nasionale konsensus sou neem," het hy geskryf. 
"Dit het moeilik geword vir my om die verantwoordelikheid te dra vir besluite waarmee ek nie saamstem nie en wat gevolge het wat ek vrees. Ek kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir een druppel bloed nie."