04 September 14:23
13°C / 18°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


18°C / 13°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 66%

Saterdag


19°C / 15°C

Wind 6km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 63%

Sondag


21°C / 14°C

Wind 36km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 61%

Maandag


15°C / 13°C

Wind 20km/h


Reënval 6mm


Humiditeit 83%

Dinsdag


14°C / 12°C

Wind 15km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 68%

Woensdag


14°C / 11°C

Wind 32km/h


Reënval 3mm


Humiditeit 84%

Nuus

Cosatu skors Vavi

Donderdag 15 Augustus 2013 06:33

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu. Foto: Argief

JOHANNESBURG. – Zwelinzima Vavi is as hoofsekretaris van Cosatu geskors en gaan daarvan aangekla word dat hy die vakbondfederasie se naam oneer aangedoen het.
Vavi was nie Woensdagaand self in die marathon-vergadering in die raadsaal van Cosatu-huis in Johannesburg toe die besluit met ’n gewone meerderheid van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee geneem is nie. Hy was elders in sy kantoor, waar die besluit aan hom oorgedra is, berig Die Burger.
Die verslag van ’n onafhanklike arbiter wat twee uur lank ’n klag van verkragting teen Vavi aangehoor het, is aan die vergadering voorgelê en is ure lank bespreek. Daar was ernstige verdeeldheid onder die sowat 50 lede van die komitee, maar diegene wat teen Vavi gekant was, was ’n klein meerderheid.
Omstreeks 20:00 is daar oor die saak gestem voordat ’n finale besluit geneem is, het ’n bron in die vergadering gesê.
Bheki Ntshali-Ntshali, adjunk-hoofsekretaris, sal in Vavi se amp waarneem totdat sy tugverhoor afgehandel is.
Vavi het vroeër erken hy het ’n verhouding gehad met ’n vrou wat hy by Cosatu-huis aangestel het.