Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 3.6mm


Humiditeit 46%

Sondag


29°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 32%

Maandag


33°C / 18°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 26%

Dinsdag


28°C / 19°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Woensdag


25°C / 17°C

Wind 41km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Donderdag


31°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 41%

Nuus

Cosatu-vergadering wás grondwetlik, sê president

Deur sapa Donderdag 15 Augustus 2013 13:44
JOHANNESBURG. – Die vergadering waarop daar besluit is om Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, op spesiale verlof te plaas, is op ’n grondwetlike wyse gehou, het Sidumo Dlamini, president van die vakbondfederasie, Donderdag gesê.
“Daar is ooreengekom dat elke individu en struktuur wat betrokke is, die interne prosesse sonder uitsondering moet respekteer en slegs nasionale amptenare mag met de media kommunikeer.”
Irvin Jim, hoofsekretaris van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), het gesê die vergadering wat Cosatu se sentrale uitvoerende komitee Woensdag gehou het, is nie grondwetlik nie.
Dlamini het gesê daar is op die vergadering ooreengekom dat die vergadering op die korrekte wyse belê is. Hy het gesê sowel Numsa se bewering as die ooreenkoms is in die notules van die vergadering opgeteken.
Verlede maand het ’n junior werknemer by Cosatu beweer Vavi het haar verkrag. Vavi het erken dat hy ’n buite-egtelike verhouding met die vrou gehad het, waarna sy ’n klag van seksuele teistering teruggetrek het.
Die sentrale uitvoerende komitee het Woensdag vergader om te besluit watter stappe teen Vavi gedoen sal word.
“Ná lang samesprekings het die sentrale uitvoerende komitee besluit om ’n volledige ondersoek te doen na die bewerings en het die hoofsekretaris en die personeellid gevra om die tugverhore by te woon,” het Dlamini aan joernaliste in Johannesburg gesê.
“Op die vergadering is besluit dat almal regverdig behandel moet word en dat die proses op ’n vry en regverdige manier, in ooreenstemming met Cosatu se grondwet, hanteer sal word.”
’n Onafhanklike persoon sal die voorsitter wees van die tugverhoor.
Bheki Ntshalintshali, adjunk-hoofsekretaris, sal in die tussentyd Vavi se pligte uitvoer.