Kaapstad Verander Area

Vandag


29°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Maandag


33°C / 19°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 26%

Dinsdag


35°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 22%

Woensdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 66%

Donderdag


28°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Nuus

Egipte: Ergste geweld sedert opstand in 2011

Deur afp, sapa, ap Donderdag 15 Augustus 2013 10:44

Pres. Mohammed Morsi se ondersteuners bots met veiligheidsmagte in Kaïro, Egipte. (Mohammed Abu Zeid, AP)

KAÏRO. - Egiptenare is besig om weer die strate in te vaar nadat 'n aandklokreël ná hewige geweld in die hoofstad ingestel is.
Die hernieude geweld – wat as die ergste geweld sedert die opstande in 2011 teen pres. Hosni Mubarak beskou word – het uitgebreek toe polisiebeamptes protesgroepe van pres. Mohamed Morsi  se ondersteuners uiteengejaag het, wat  343 sterftes tot gevolg gehad het.
Die Egiptiese departement van gesondheid sê minstens 300 burgerlikes het in die land gesterf. Die departement het bygevoeg dat die geweld die lewe van 43 veiligheidsbeamptes geëis het. 
Drie joernaliste – waaronder ‘n kameraman van Sky News – is ook doodgeskiet. 
Morsi is verlede maand in ’n staatsgreep ontsetel nadat grootskaalse betogings teen sy bewind gehou is. 
Die Moslem-broederskap waaraan die beleërde leier behoort, het vroeër vandeesweek gewaarsku dat die land in ’n bloedbad sal ontaard indien betogers uiteengejaag word.
Die Suid-Afrikaanse regering het vroeër daarop aangedring dat die ontsetelde president onvoorwaardelik vrygelaat word.