Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 77%

Nuusflitse
Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp
Nuus

Geboue brand, dodetal styg in Egipte

Deur bbc Donderdag 15 Augustus 2013 4:41 nm.

Chaos heers in Egipte nadat veiligheidsmagte op ondersteuners van die afgesette pres. Mohamed Moersi losgebrand het. Foto: AP

KAïRO. – Honderde ondersteuners van die Moslem-broederskap het Donderdag regeringsgeboue in Kaïro bestorm en daarvan aan die brand gesteek.
Dié skuif kom ’n dag nadat veiligheidsmagte protesgroepe wat sedert Julie teen die voormalige pres. Mohamed Moersi se afsetting betoog, in die Egiptiese hoofstad uitmekaargejaag het.
Die gesondheidsministerie het gesê 525 mense is landwyd in Woensdag se geweld dood, maar die finale dodetal kan aansienlik hoër wees. 
Baie lyke is nie bygereken nie omdat die amptelike dodetal slegs liggame insluit wat deur die hospitaalstelsel gegaan het.
Die BBC se Khaled Ezzelarab sê hy het minstens 140 liggame getel wat toegedraai was in doodsklede by die Eman-moskee, wat naby die grootste protesgroep by die Rabaa al-Adawiya-plein was.
 
Dié liggame sou nie in die amptelike dodetal bygetel wees nie.
Die Moslem-broederskap hou vol dat meer as 2 000 mense in Woensdag se geweld dood is.