Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Vrydag


23°C / 13°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Saterdag


22°C / 15°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


23°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Maandag


26°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Nuus

Olie uit enjinkamer van skip gepomp

Deur sapa Donderdag 15 Augustus 2013 1:37 nm.
KAAPSTAD. – Olie word steeds uit die enjinkamer na hoër dele van die gestrande Kiani Satu gepomp, het die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) Donderdag gesê.
Sowat 15 ton van die 330 ton brandstof aan boord het uitgelek sedert die Duitse vragskip verlede Donderdag in ’n storm gestrand het.
“Die veiligste manier om meer as 300 ton olie van die skip af te kry, is om dit in plastiektenks te vervoer,” het kapt. Nigel Campbell, woordvoerder van Samsa, gesê.
Campbell het gesê ’n vervaardiger sal Donderdag ’n voorbeeld van drieton-plastiektenks aan hulle stuur.
Hy het gesê ’n minimum van 100 helikoptervlugte na en vanaf die skip sal nodig wees om die olie te vervoer.
Die vlugte sal slegs onderneem word indien die weerstoestande dit toelaat.
Die 15 000 ton rys op die skip kan oorboord gegooi word om die skip ligter te maak.
“Ons het na elke moontlike opsie gekyk. Dit is een van die planne waaraan ons werk,” het Campbell gesê.