25 Mei 05:19
15°C / 19°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


19°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Dinsdag


18°C / 13°C

Wind 24km/h


Reënval 3.8mm


Humiditeit 81%

Woensdag


21°C / 13°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Vrydag


18°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 12.4mm


Humiditeit 76%

Saterdag


18°C / 11°C

Wind 22km/h


Reënval 1.1mm


Humiditeit 83%

Nuus

Polisiebeampte stuit rowers in hul spore

Deur sapa Donderdag 15 Augustus 2013 06:41
BLOEMFONTEIN. – 'n Vrystaatse polisiebeampte het drie rowers in hul spore gestuit, het 'n woordvoerder gesê.
Ao. Zweli Mohobeleli het gesê die drie mans het probeer om 'n afleweringsvoertuig by 'n snoepwinkel in Grasslands naby Bloemfontein te beroof. Die voorval het omstreeks 10:00 plaasgevind.
Die broodafleweringsvoertuig het stilgehou by die winkel toe die drie mans die bestuurder met 'n vuurwapen gedreig het. Die rowers het die man van geld beroof.
Die polisiebeampte, wat nie ten tyde van die voorval aan diens was nie, het ingegryp, waarna die verdagtes op hom losgebrand het.
Die beampte het hulp ontbied en sy kollegas by die nabygeleë Bloemspruit-polisiekantoor het hom gehelp om twee mans in hegtenis te neem. Die polisie het beslag gelê op 'n vuurwapen en geld. Een verdagte is nog op vrye voet.
Die twee mans sal binnekort op aanklag van gewapende roof in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.