05 September 09:47
15°C / 21°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


21°C / 15°C

Wind 9km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 60%

Sondag


21°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 59%

Maandag


15°C / 13°C

Wind 15km/h


Reënval 8mm


Humiditeit 85%

Dinsdag


15°C / 12°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 73%

Woensdag


15°C / 11°C

Wind 20km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Donderdag


13°C / 10°C

Wind 47km/h


Reënval 7mm


Humiditeit 76%

Nuus

Polisieman in Nelspruit doodgeskiet

Deur sapa Donderdag 15 Augustus 2013 11:17
JOHANNESBURG. – ’n Polisiebeampte is in Nelspruit doodgeskiet, het die polisie in Mpumalanga gesê.
“Ons vra dat die publiek die polisie help om die skuldiges op te spoor en hulle aan die pen te laat ry,” het lt.genl. Thulani Ntobela, provinsiale polisiehoof, gesê.
Konst. Bheki Lucia Thobela (34) se lyk is in ’n polisiemotor gevind. Niks is gesteel nie.
Ntobela het die misdaad as “wetteloos en sinneloos” bestempel en het gesê die polisie sal agter die waarheid kom.
Die polisie vermoed hoëkaliber-vuurwapens is in die misdaad gebruik, te oordeel na patroondoppies wat op die toneel gevind is.
Niemand is in hegtenis geneem nie.