Kaapstad Verander Area

Vandag


30°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 39%

Sondag


29°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Maandag


32°C / 17°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 33%

Dinsdag


30°C / 16°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 39%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Donderdag


25°C / 14°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Nuus

Spele se James Bond-waaghals sterf

Deur reuters Donderdag 15 Augustus 2013 11:55

Mark Sutton as "James Bond" tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele in Londen. Foto: Getty Images

LONDEN. - ’n Waaghals wat die openingseremonie van verlede jaar se Olimpiese Spele in Londen as James Bond met ’n valskerm binnegekom het, is Woensdag in ’n ongeluk in die Switserse Alpe dood, het Reuters Donderdag berig.
Mark Sutton (42), ’n voormalige offisier in die Ghurkha Rifles-regiment, het gesterf nadat hy in ’n vlerkpak uit ’n helikopter gespring en teen ’n bergreeks naby die grens met Frankryk vasgevlieg het.
Vlerksweef is n adrenaliensport en behels dat ’n  spesiale vliegpak gedra word wat die liggaam in ’n vlerk verander en n persoon dan in staat stel om teen ’n  hoë snelheid te sweef.
Die Switserse polisie het gesê hulle ondersoek die ongeluk.
Sutton se Olimpiese toertjie was ’n hoogtepunt van verlede jaar se openingseremonie waar hy saam met nog ’n waaghals, wat as koningin Elizabeth II vermom was, die stadion met ’n valskermsprong binnegekom het.