Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Saterdag


30°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Maandag


33°C / 18°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 27%

Dinsdag


34°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 26%

Woensdag


26°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.7mm


Humiditeit 58%

Nuus

Vavi verbreek swye

Donderdag 15 Augustus 2013 08:54

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu. Foto: Argief

JOHANNESBURG. – Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het sy swye verbreek nadat hy geskors is.
Hy het aan sy volgers op Twitter gesê daar is mense wat sy skorsing vier en sout in sy wonde vryf, berig Eyewitness News.
Vavi het ook om verskoning gevra vir sy dade.
"Ek het 'n fout begaan en ek het aan almal om verskoning  wat ek seergemaak het deur my optrede. Dit was die regte ding om te doen."
Vavi , wat al die afgelope 13 jaar die hoofsekretaris van Cosatu is, het mense bedank vir hul ondersteuning en gesê hy sal later meer oor die kwessie sê.
Hy het vroeër erken hy het ’n verhouding gehad met ’n vrou wat hy by Cosatu-huis aangestel het.
Vavi was nie Woensdagaand self in die marathon-vergadering in die raadsaal van Cosatu-huis in Johannesburg toe die besluit met ’n gewone meerderheid van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee geneem is nie. Hy was elders in sy kantoor, waar die besluit aan hom oorgedra is, berig Die Burger.
Bheki Ntshali-Ntshali, adjunk-hoofsekretaris, sal in Vavi se amp waarneem totdat sy tugverhoor afgehandel is.
Sdumo Dlamini, president van Cosatu, het intussen gesê hy gaan nie kommentaar lewer oor die kwessie nie.
Cosatu sal na verwagting later Donderdag 'n verklaring uitreik.