Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 16°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Dinsdag


27°C / 17°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Woensdag


27°C / 17°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


26°C / 16°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Nuus

Vrou ook uit Cosatu geskors ná Vavi-skandaal

Donderdag 15 Augustus 2013 11:38 vm.
JOHANNESBURG. – Die 26-jarige vrou wat ’n buite-egtelike verhouding gehad het met die geskorste sekretaris-generaal van Cosatu, Zwelinzima Vavi, is ook uit die vakbond geskors. 
Die vakbondfederasie se sentrale uitvoerende komitee het op sy vergadering in Johannesburg besluit om haar saam met Vavi te skors, berig RSG.
Die vrou, wat ’n administrateur by Cosatu was, het Vavi aanvanklik van verkragting aangekla, maar het die klag later teruggetrek.
Cosatu hou om 11:30 ’n mediakonferensie oor die kwessie. 
Vavi het aan sy volgers op Twitter gesê daar is mense wat sy skorsing vier en sout in sy wonde vryf, berig Eyewitness News.
Hy het ook om verskoning gevra vir sy dade.
“Ek het ’n fout begaan en ek vra om verskoning aan almal wat ek seergemaak het deur my optrede. Dit is die regte ding om te doen.”
Vavi , wat al die afgelope 13 jaar die hoofsekretaris van Cosatu was, het mense bedank vir hul ondersteuning en gesê hy sal later meer oor die kwessie sê.
Vavi was nie Woensdagaand self in die marathon-vergadering in die raadsaal van Cosatu-huis in Johannesburg toe die besluit met ’n gewone meerderheid van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee geneem is nie. Hy was elders in sy kantoor, waar die besluit aan hom oorgedra is, het Die Burger berig.