01 Julie 23:09
11°C / 16°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


16°C / 11°C

Wind 27km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 77%

Vrydag


16°C / 11°C

Wind 13km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Saterdag


16°C / 12°C

Wind 14km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 81%

Sondag


15°C / 12°C

Wind 25km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 82%

Maandag


16°C / 12°C

Wind 29km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Dinsdag


17°C / 12°C

Wind 11km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Nuus

Akteur lees nou ook nuus op TV

Erik is eerste verlamde ankerman

Deur Jody Nel Vrydag 16 Augustus 2013 02:02

Die Binneland-akteur Erik Holm debuteer vanaand as die eerste verlamde nuusankerman op die Afrikaanse TV-nuusbulletin om 19:00 op SABC2.

Hy is al van Maandagaand as nuusleser op die SAUK se 24 uur-nuuskanaal op DStv te sien.

Holm (31) is verlam sedert sy nek in 2007 gebreek is toe hy in ’n vlak dam geduik het om ’n bal uit die water te haal.

Hy het Woensdagaand ná sy tweede uitsending gesê die eerste uitsending was ’n ysbreker.

“Ek het baie om aan gewoond te raak, maar hier is gesoute mense wat my help.”

Karlien Olivier, sy mede-aanbieder eergisteraand, meen Holm het geensins gesukkel tydens die uitsending nie.

“Hy het die mooiste stem. Hy is heeltyd op die hoogte van wat om hom aangaan en is ’n groot aanwins.”

Holm meen sy eerste oudisie vir die pos was die moeilikste van sy lewe. “Ek het gevoel ek het dit 100% gedop.”

Holm het nie ’n agtergrond in die joernalistiek of uitsaaiwese nie en is daarom nog senuagtig.

“Dit (regstreekse nuusuitsendings) is so na aan teater as wat TV kom. Jy kan nie droogmaak nie. Kykers verwag van jou om te weet waarvan jy praat en om die nuus met kennis en gesag oor te dra.”

Holm wou nie veel oor sy kontrak bekend maak nie, maar het gesê hy sal beslis tot einde vandeesmaand op die kassie te sien wees.

Hy vertolk ook steeds die rol van Riaan in Binneland.

Hy is daagliks enigiets tussen een en agt uur op die Binneland-stel. Daarna is hy minstens drie uur by die SAUK.

Hy pendel daagliks tussen Hartbeespoort en Johannesburg.

Sy base by die SAUK en DStv is baie tegemoetkomend, vertel Holm.

Hoewel Holm tot dusver mede-aanbieders gehad het, is hy vanaand alleen in die stoel.