27 Mei 13:47
14°C / 18°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


18°C / 14°C

Wind 22km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 78%

Donderdag


17°C / 14°C

Wind 24km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 82%

Vrydag


16°C / 14°C

Wind 39km/h


Reënval 3mm


Humiditeit 90%

Saterdag


17°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 6mm


Humiditeit 77%

Sondag


15°C / 12°C

Wind 37km/h


Reënval 2mm


Humiditeit 83%

Maandag


19°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 66%

Nuus

Dieretuin se kullery onthul toe ‘leeu’ blaf

Vrydag 16 Augustus 2013 02:16

Beijing. – ’n Chinese dieretuin se “Afrika-leeu” is as ’n bedrogspul ontbloot toe die hond begin blaf het.

Die dieretuin in die Luohe-volkspark in die provinsie Henan het volgens die staatsbeheerde Beijing Youth Daily talle eksotiese spesies vervang.

Die seuntjie van ene Liu, ’n besoeker wat haar kind die klanke wou leer wat verskillende diere maak, het die bedrogspul aan die lig gebring toe hy haar daarop gewys het dat die dier in die “Afrika-leeu” se hok blaf. Die dier in die hok was inderwaarheid ’n Tibettaanse mastiff.

“Die dieretuin verkul ons absoluut: Hulle gee voor honde is leeus,” het Liu, wat 15 yuan (R25) vir hul kaartjies na die dieretuin betaal het, aan die koerant gesê.

Die dieretuin het ook twee nutria, ’n knaagdierspesie, in ’n slang se hok gehad, ’n wit jakkals in die luiperd s’n en nog ’n hond in ’n wolf se hok.

Volgens Liu Suya, dieretuinhoof, is hul leeu vir teeldoeleindes weg en was die hond om veiligheidsredes in sy hok. – Sapa-AFP