25 Mei 01:19
12°C / 22°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 12°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 71%

Maandag


19°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Dinsdag


18°C / 13°C

Wind 24km/h


Reënval 3.8mm


Humiditeit 81%

Woensdag


21°C / 13°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 66%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Vrydag


18°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 12.4mm


Humiditeit 76%

Nuus

Dodetal styg ná motorbom in Libanon

Deur sapa-ap Vrydag 16 Augustus 2013 11:32
BEIROET. – Die dodetal ná ’n motorbom wat in ’n woonbuurt in Beiroet, die hoofstad van Libanon, ontplof het, het tot 22 gestyg, het die land se minister van binnelandse sake gesê.
Marwan Charbel het Vrydag gesê amptenare is besig met DNS-toetse op liggaamsdele wat naby die motor gevind is, om te bepaal of dit die werk van ’n selfmoordbom-aanvaller was.
Die ontploffing het Donderdag plaasgevind in ’n besige straat in die Rweiss-distrik, wat ’n vesting van die Sjiïtiese millitante groep Hizbollah is.
Talle mense in Libanon beskou die aanval as weerwraak op Hizbollah se gewapende ondersteuning van pres. Bashar Assad van Sirië in die burgeroorlog in dié land.